Menu Close

Stadsaal

Oorkant die Klipkerk is die Stadsaal, ń pragtige sandsteengebou, ontwerp deur Gerhard Moerdijk, gebou in 1939. Die imposante gebou herinner aan die tyd toe Heidelberg die hoofstad was. Buffelkoppe, soortgelyk aan díe by die Voortrekkermonument pryk weerskante van die stadsaal. Die Buffel is een van die Groot Vyf en een van die gevaarlikste diere as hy bedreig word. Die buffelkoppe is simbolies en verdedig Heidelberg teen aanslae van buite.