Menu Close

Laer Volkskool

Na die ABO was die boere verarm, hulle plase afgebrand, vee vernietig en talle weeskinders het onderrig broodnodig gehad. Die verengelsing in die publieke skole het die Boere gegrief en moedertaal onderrig was vir julle ononderhandelbaar. In 1903 vergader die ouers en stig ń gratis Christelik Nasionale Skool met Afrikaans as onderrigmedium. Die eerste Afrikaanse skool begin im die kelder van die Klipkerk en word gou bekend as die “Grot van Abdulan”.

Die leerlingtal groei vinnig en klasse word aangebied in die kelder, in die kerk en in die kerksaal. Hierdie skool word later die Laer Volkskool Heidelberg.(1906, hoeksteen gelê).

By Laer Volkskool is ń saal ter herinnering aan slagoffers van ABO in die konsentrasiekampe “Gedenk Zaal”.