Kloof Begrafplaas
Heidelberg het ń groot Konsentrasie Kamp gehad met sowat 2000 gevange vroue en kinders. Die sterftesyfer was hoog agv die koue Hoëveldse winter, swak verblyf in tente wat siektes laat gedy het en voedseltekorte. 867 steftes agv siekte en hongerte.
In die begraafplaas is ñ gedenksteen opgerig vir kinders wat gesterf het in die konsentrasiekampe: 408 name van kinders onder 15 jaar
91 name van díe bo 15.
Rye graffies sonder name.
In die begraafplaas lê Boer en Brit neffens mekaar. Van As wat gefusileer is sowel as sy vyand Miers.
Bekendes lê hier o.a.
AG Visser, mediese dokter en Afrikaanse digter
Heinriech Ueckermann, stigter van Heidelberg
Zeppelin, familie van Zeppelin wat Hindenburg lugskip gebou het. Hy het gesneuwel 1899 tydens die Slag van Elandslaagte (ABO) waar hy aan die kant van die Boere geveg het.