Klipkerk
Heidelberg se indrukwekkende Klipkerk is ń sandsteen gebou wat in 1890 gebou is. Die Hoeksteen is gelê 12.4.1890. Die toring het geval in 1907, maar is noukeurig oorgebou, so na as moontlik aan die oorspronklike.
Hierdie gemeente het ń jarelange stryd en twis onder die 2 Afrikaanse kerke gehad. Die 2 kerke het saamgesmelt onder die gekombineerde naam Nederduitse Hervormde Kerk of Hervormde Kerk, later verander na Verenigde Kerk. Ds van Wateren was die leraar van die Verenigde Kerk terwyl sy vrou en kinders in die Nederduits Gereformeerde kerk was, sy was orrelis daar. Selfs die bou van die kerk het soveel tweespalt veroorsaak dat ń interdik verkry is om bouwerk aan die kerk te stop. Die tweespalt het tot in die hof gaan draai. 1975 is die kerk verander na NG Kerk van die Transvaal.
1891 het selfs Paul Kruger vrugteloos probeer om die 2 kerke te versoen. Hy verklaar daarna;” kan men niet eensgesind in een huis wonen, laat men dan in vrede naast elkaar wonen.”