Bakoond
Water is ń baie belangrike faktor, wie water beheer, beheer die dorp. Heidelberg se drinkwater het uit ń fontein gekom. Die Boere was bang dat die Britte hulle drinkwater sou vergiftig en het toe die Britte geflous deur ń sandsteen bakoond bo-oor die fontein te bou. Bakoonde was ń algemene gesig en die Britte het nooit agterdogtig oor díe bakoond geraak nie.
Later is die bakoond gebruik as ń koeltonnel vir gemmerbier vervaardiging Die oop sye en koelwater het die koeldrank heerlik koel gehou.
Vandag nog voorsien hierdie fontein vars water aan die Kloofspruit.