AG Visser Huis
Die huis waarin AG Visser gewoon het (1916-1929). AG Visser, bekende Afrikaanse digter en mediese dokter in Heidelberg. Hy was aanvanklik ñ onderwyser maar het later medies gaan studeer nadat hy in moeilikheid gekom het oor sy politieke bevraagtekening. Hy het tyd lank as dokter gepraktiseer in Steytlerville in die Karoo voor hy verhuis het na Heidelberg. Die huis is netjies gerestoreer.